Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN
"Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51741] Ma, 15 Oktober 2001 22:13 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sonneblom
Jeanne Goosen

jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte
Re: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51743 is 'n antwoord op boodskap #51741] Di, 16 Oktober 2001 00:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Aarde, maar dis goed! Wie kan vir my sê wat sy nog geskryf het?

On Mon, 15 Oct 2001 22:13:52 GMT, @home.com wrote:

> Sonneblom
> Jeanne Goosen
>
> jy is stil soos 'n vrou wat borduur
> as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
> ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
> tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
> en die grashalms van jou asemhaling
> jy groei soos 'n sonneblom groei
> planmatig
> jy omvat my met blare van son en speke
> sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
> 'n plek waar stillewes woon
> jy is die verlatenheid van alle landskappe
> en onklaar gedigte
>
Re: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51855 is 'n antwoord op boodskap #51741] Wo, 17 Oktober 2001 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky  is tans af-lyn  Kinky
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
Waar word hierdie gedigte van Jeanne Goosen gepubliseer? Is daar meer en
kan mens dit in die hande kry?

skryf in boodskap news:3BCB60F4.65EC4AAD@home.com...
> Sonneblom
> Jeanne Goosen
>
> jy is stil soos 'n vrou wat borduur
> as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
> ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
> tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
> en die grashalms van jou asemhaling
> jy groei soos 'n sonneblom groei
> planmatig
> jy omvat my met blare van son en speke
> sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
> 'n plek waar stillewes woon
> jy is die verlatenheid van alle landskappe
> en onklaar gedigte
>
Re: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51862 is 'n antwoord op boodskap #51855] Wo, 17 Oktober 2001 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2001 20:15:32 +0200, "Kinky" wrote:

> Waar word hierdie gedigte van Jeanne Goosen gepubliseer? Is daar meer en
> kan mens dit in die hande kry?

Het dit jou ook so effe laat dink aan die simbloliek wat Blake gebruik
het in sy Ah! Sunflower? Wil maar net weet...:-)
Re: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51864 is 'n antwoord op boodskap #51741] Wo, 17 Oktober 2001 18:54 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kinky wrote:

> Waar word hierdie gedigte van Jeanne Goosen gepubliseer? Is daar meer en
> kan mens dit in die hande kry?
>

Al die gedigte wat ek hier plaas, kom uit die ou
Groot Verseboek wat al in 1951 die lig gesien
het, saamgestel deur D.J. Opperman. Die een
wat ek het, is in 1980 gedruk, en moes dus seker
deur Opperman uitgebrei gewees het, want daar
is digters in wat onmoontlik in 1951 al 'n volume
van gedigte kon geskryf het. Nou onlangs is daar
'n nuwe versameling gemaak deur André Brink, en
ek neem aan dis dit wat nou op CD beskikbaar
is.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Ontslag uit die gestig" deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: essay deur Jeanne Goosen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 07:25:34 MGT 2024